Projekbestuur in die konstruksiebedryf is een van AECOM se besigheidsvelde. Die Lakhta-sentrum in Sint Petersburg, tans die hoogste wolkekrabber in die Russiese Federasie, is een van die onderneming se prestigeprojekte op die Russiese markDie kragvoorsiening- en verwarmingstelsel vir die Noord-Ierse hoofstad Belfast se Titanic Belfast-museum is deur AECOM ontwerp en beplanDie Moses Mabhida-stadion in Durban, Suid-Afrika is deur AECOM ontwerp en tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 bedryf[1]Die Antarktiese navorsingstasie Halley VI, wat deur British Antarctic Survey bedryf word, is deur AECOM in samewerking met BAS, Hugh Broughton Architects en die kontrakteur Galliford Try ontwerp en deur 'n Suid-Afrikaanse konsortium in Kaapstad gebou. Dit is die eerste beweeglike wetenskaplike stasie ter wêreld wat op 'n soort gesofistikeerde hidrouliese ski-stutte verskuif kan word. Belangrike navorsing oor die aarde se atmosfeer en die Antarktiese osoongat word hier gedoen
AECOM [eɪ.iːˈkɒm] (vroeër bekend as AECOM Technology Corporation - die naam is 'n akroniem vir AECOM se vyf hoofsaaklike besigheidsvelde Architecture, Engineering, Consulting, Operations and Maintenance) is 'n multinasionale Amerikaanse ingenieursonderneming wat sy hoofkwartier in Los Angeles het. Die maatskappy, wat in 1990 gestig is, het ongeveer 87 000 medewerkers wêreldwyd in diens en het in 2019 die 157ste plek op die Fortune 500-ranglys van Amerikaanse ondernemings met die grootste bedryfsinkomste beklee.