Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Abchasies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Abchasiërs.
 
Abchasies
Аҧсуа бызшәа; аҧсшәа 
Uitspraak: [apʰswa bɨzʃʷa]
Gepraat in: Vlag van Georgië Georgië

Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Rusland Rusland 

Gebied: Kaukasus
Totale sprekers: 190 740[1]
Taalfamilie: Noordwes-Kaukasies
 Abazgi
  Abchasies 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Georgië Georgië
Gereguleer deur: geen
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NE Nie bedreig nie
Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: ab
ISO 639-2: abk
ISO 639-3: abk 
Verspreiding van Abchasies

Abchasies (Аҧсуа бызшәа; аҧсшәа, [apʰswa bɨzʃʷa]) is 'n Noordwes-Kaukasiese taal wat deur sowat 191 000 mense in Georgië, Turkye en Rusland gepraat word. Dit is die amptelike taal van die omstrede gebied Abchasië wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, waar dit 'n erkende minderheidstaal is. Daarbenewens word Abchasies in die Georgiese outonome gebied Adzjarië en deur die Abchasiese diaspora in Westerse lande gepraat. Dié taal bestaan uit die drie dialekte Abzhywa, Bzyb en Sadz. Abchasies word in die Cyrilliese alfabet geskryf.

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Abchasies is nou verwant aan Abazyns en Adigies, tale wat in die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Adigea noord van die Kaukasus en in Turkye gepraat word.

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Abkhaz". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 22 Augustus 2020.

Previous Page Next Page