'n Addendum in die algemeen, is 'n latere toevoeging wat nodig is om deur die outeur aangebring te word ná die druk of publikasie van die dokument. Dit kom van die Latynse verbale uitdrukking addendum est, synde die gerundiv vorm van die werkwoord Addo, addere, addidi, additum, "by te voeg" met die betekenis "wat bygevoeg moet word".