Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Afar

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Afar (volk).
Afar
Qafaraf
Gepraat in: Vlag van Djiboeti Djiboeti
Vlag van Eritrea Eritrea
Vlag van Ethiopië Ethiopië 
Gebied: Horing van Afrika
Totale sprekers: 2 miljoen[1]
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Koesjities
  Laagland Oos-Koesjities
   Saho-Afar
    Afar 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Djiboeti, Eritrea)
Ge'ez-skrif (Ethiopië) 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Djiboeti Djiboeti (Nasionale taal)
Vlag van Eritrea Eritrea (Nasionale taal)
Vlag van Ethiopië Ethiopië (Nasionale taal)
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: aa
ISO 639-2: aar
ISO 639-3: aar

Afar (Qafaraf, ’Afar Af, Afaraf, Qafar af) is 'n Koesjitiese taal wat deur sowat 2 miljoen mense in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit geniet in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië erkenning as 'n nasionale taal. Afar word met die Latynse alfabet geskryf. Afar word as 'n Laagland Oos-Koesjitiese taal gekategoriseer met die naaste verwante Saho, gevolg deur Somalies, die amptelike taal van Somalië, en Oromo.[2]

Ligging van die Afar-streek in Ethiopië, een van nege etniese streke

In Ethiopië word Afar as ampstaal van die Afar-streek in Noordoos-Ethiopië erken en met die Ge'ez-skrif geskryf. Afar is Djiboeti se tweede belangrikste taal met sowat 35% van die bevolking wat dit praat, net na Somalies met 60%. Sedert 2020 dien Afar saam met Amharies, Engels, Oromo, Somalies en Tigrinya as amptelike tale van Ethiopië.[3]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Afar". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  2. (en) Lewis, I. (1998). Peoples of the Horn of Africa: Somali, Afar and Saho. Red Sea Press. p. 11.
  3. (en) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages". Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.

Previous Page Next Page