Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Akaroa | |
---|---|
Ligging | |
Algemene feite | |
Stigting: | 1840 |
Inwoners: | 624 (2013) |
Oppervlakte: | 1,7656 km² |
Bevolkingsdigtheid: | 322,8 inwoners/km² |
Geografiese ligging: | 43°48′S 172°57′O / 43.800°S 172.950°O |
Administratiewe verdeling | |
Land: | Nieu-Seeland |
Streek: | Canterbury |
Akaroa is 'n klein hawedorp op die Banks-skiereiland in die administratiewe gewes Canterbury op die Suideiland van Nieu-Seeland. Die nedersetting met sowat 624 inwoners, waarvan sowat 'n derde afgetrede persone is, beskik oor 'n natuurlike seehawe wat deur vulkaniese heuwels omring word.
Ongeag die feit dat die Britse seilskip HMS Britomart in 1840 haastig na die gebied uitgestuur is om die Nieu-Seelandse Suideiland onder die soewereiniteit van die Verenigde Koninkryk te plaas, het Franse setlaars 'n vergeefse poging aangewend om hier 'n Franse kolonie te stig wat aanvanklik as Port Louis-Philippe bekend gestaan het. Geografiese benamings soos straatname herinner nog steeds aan die Franse koloniste. Die gebied het voor 1840 ook as Wangaloa bekend gestaan. Die huidige naam kom uit die plaaslike Kāi Tahu Māoritaal en beteken letterlik "Lang Hawe".
Vandag is Akaroa 'n gewilde toeristebestemming, en tydens die vakansie-seisoen styg die aantal bewoners tot meer as 7 000. Die belangrikste besienswaardighede is die Rooms-Katolieke parogiekerk St. Patrick, wat in 1864 ontstaan het, die Maison Langlois-Eteveneaux van 1843, die Anglikaanse St. Peter's-kerk wat in 1863 in die Nieu-Gotiese styl opgerig is en die ou doeanehuis uit die jaar 1863.
Die Akaroabaai is die natuurlike habitat van sowat dertig Hector-dolfyne wat slegs hier voorkom. Vir die bedreigde dolfyne is 'n natuurbewaringsgebied ingestel sodat die diere nie deur vissersnette beseer kan word nie.