الْبَقَرَة Soera 2 van die Koran | ||
Klassifikasie | Medinees | |
In Arabies | Al-Ba'karah | |
Transliterasie | Al-Bakara | |
In Afrikaans | "Die Koei" | |
Deel | 1-3 | |
Ajat | 286 |
Al-Ba'karah (Arabies: الْبَقَرَة, "Die Koei") is die 2de en langste soera, of hoofstuk, van die Koran.[1] Dit bevat 286 ajat, of verse, wat begin met die allegoriese letters (muqatta'at) A.L.M.[2][3] Dit word uitgespreek Alif Laam Miem.[4]
Die soera gaan oor 'n verskeidenheid onderwerpe en bevat leiding vir Moslems oor hoe om te vas gedurende Ramadaan;[5] 'n verbod op rente of woekery; en verskeie beroemde verse soos die Troonvers, Al-Baqarah 256 en die laaste twee of drie verse. Dit behandel 'n groot verskeidenheid onderwerpe, insluitende sjaria, en hervertel stories van Adam, Abraham en Moses. 'n Belangrike tema is leiding: onder meer 'n beroep dat die heidene en Jode van Medina Islam omhels.[6]
Moslems glo Al-Baqara is ná die hidjrah oor 'n lang tydperk in Medina geopenbaar, buiten die riba-verse, wat volgens Moslems geopenbaar is tydens die vaarwelpelgrimstog, die laaste gadj van Mohammed.[7] Daar word geglo vers 281 in dié hoofstuk is die laaste vers van die Koran wat geopenbaar is, op die 10de dag van Dhu'l Hidjdja 10 A.H., terwyl Mohammed sy laaste gadj uitgevoer het, 80 of 90 dae voor sy dood.[8]