Algemeen | |
---|---|
Naam | Alanien |
IUSTC-naam | Alanien |
Chemiese formule | C3H7O2N1 |
Molêre massa | 89.09 g/mol |
CAS-nommer | 338-69-2 |
Voorkoms | Wit poeier |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 258 °C (sublimeer) |
Kookpunt | |
Digtheid | 1.424 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Alanien (afgekort as Ala of A) is 'n α-aminosuur wat gebruik word in die biosintese van proteïene. Dit bevat 'n α-aminogroep (wat in die geprotoneerde vorm, −NH3+, onder biologiese toestande voorkom), 'n α-karboksielsuurgroep (wat in die gedeprotoneerde vorm, −COO−, onder biologiese toestande voorkom), en 'n metielgroep as syketting, wat dit 'n nie-polêre, alifatiese aminosuur maak. Dit is nie-essensieel in die mens, omdat die liggaam dit kan sintetiseer, sodat dit nie in die dieet nodig is nie. Dit is een van die 20 aminosure wat deur die menslike genetiese kode geënkodeer word, en word deur al die kodons wat met GC begin, naamlik GCU, GCC, GCA, en GCG, geënkodeer.
Die L-isomeer van alanien (linkshandig) is die een wat in proteïene opgeneem word. Net leusien is meer volop as L-Alanien in proteïene, en maak amper 8% van die primêre struktuur van proteïene uit.[1] Die regshandige vorm, D-Alanien, kom in peptiedkettings in bakteriële selwande voor[2]p.131 asook in sommige peptied antibiotika, en kom in die weefsels van baie skaaldiere en weekdiere voor, waar dit as 'n osmoliet optree.[3]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link)