Die Alawiete (علويون, DMG-transliterasie:[10] ʿAlawīyūn) of Nusairiërs (نصيريون Nuṣairiyūn) is 'n godsdienstige gemeenskap in die Nabye Ooste wat sy oorsprong in laat 9de eeuse Irak het en dikwels by die Sjiïetiese spektrum van Islam gereken word, al volg hulle afwykende geloofsoortuigings en erken onder meer Imam Ali as 'n inkarnasie van God. Hulle moenie verwar word met Turkse en Koerdiese Aleviete nie, 'n geloofsgemeenskap wat in die sogenaamde Kizilbasj-tradisie staan. Soms word na Alawiete as 'n Gnostiese gemeenskap in Islam verwys. Een van die besonderhede van hul geloof is dat religieuse oortuigings geheim gehou word. 'n Klein groep ingewydes tree as godsdienstige leiers op.[11]
Die meeste aanhangers van Alawitiese Islam word tans in Sirië, Turkye en Libanon aangetref. Die tradisionele kerngebied van Alawitisme strek van die Turkse provinsie Hatay in die noorde suidwaarts oor die Siriese kusgebergte Djebel Ansariye tot die Akkar-vlakte van Noord-Libanon. In die ooste word dit deur die Orontes-rivier begrens. In Hatay word Alawitiese gemeentes hoofsaaklik in en rondom Antakya en Samandağ asook in die kusvlakte van İskenderun aangetref.
Buite dié gebied is daar ook Alawitiese nedersettings in die Siriese binneland, in die gebiede rondom die goewermente van Hama en Homs en op die Golanhoogtes asook in die Turkse Çukurova-vlakte (Kilikië) in en rondom Mersin, Tarsus en Adana. As gevolg van binnelandse en migrasie oor grense heen het in die 20ste eeu ook Alawitiese gemeentes in Damaskus, in die Libanese stad Tripoli en in verskeie westerse lande ontstaan. Daar is geen presiese statistieke oor die aantal aanhangers van Alawitisme nie. Na ramings is daar sowat vier miljoen Alawiete wêreldwyd.
die Ghadir-fees op 18 Dhu'l Hidjdja ter herdenking van die deur die Sjiiete aanvaarde instelling van Ali deur Mohammed by Ghadir Chumm, die Mubahala-fees, die Firāsj-fees, Asjoera en die herdenking van die moord op Oemar ibn al-Chattab as Sjiitiese feeste,
↑(en) Tej K. Bhatia; William C. Ritchie (23 Januarie 2006). Bhatia, Tej K.; Ritchie, William C. (reds.). The Handbook of Bilingualism (illustrated, reprint uitg.). John Wiley & Sons. p. 859. ISBN978-0-631-22735-9.
↑Soner Cagaptay (9 April 2013). "Why Turkey Won't Attack Syria". The Atlantic (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2020. Besoek op 12 Junie 2016.