Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Allegorie

'n Allegorie in letterkunde is 'n metafoor wat deur die hele gedig, verhaal of boek volgehou word.

In die beeldende kunste verwys 'n allegorie na 'n simboliese voorstelling waarin 'n idee of abstrakte begrip (byvoorbeeld deugde en ondeugde) deur een of meer personifikasies, persone en konkrete dinge voorgestel word.

Dit kom neer op 'n uitgerekte metafoor wat regdeur 'n werk gehandhaaf word, sonder dat die oorspronklike (wat eintlik bedoel word) by die naam genoem word, behalwe wanneer dit om 'n personifikasie gaan. Dit kan gaan oor abstrakte konsepte, maar ook oor die samelewing en politiek.


Previous Page Next Page