Anaxagoras | |
Anaxagoras, detail van 'n fresco in die pilaargang van die Nasionale Universiteit van Athene
| |
Gebore | ca. 510 v.C. Clazomenae |
---|---|
Oorlede | ca. 428 v.C. Lampsacus |
Nasionaliteit | Antieke Griekeland |
Vakgebied | natuurlike filosofie |
Beïnvloed deur | Milesiese skool |
Invloed op | Archelaus, Perikles |
Anaxagoras (Grieks: Ἀναξαγόρας, Anaxagoras, "meester van die byeenkoms";) (Clazomenae, Ionië, 500 v. Chr. - 428 v. Chr.) was 'n voor-Sokratiese Griekse filosoof en sterrekundige. Anaxagoras was die eerste filosoof wat die filosofie van Ionië na Athene gebring het. Hy het gepoog om 'n wetenskaplike beskrywing van die ellips, die meteoriet, die reënboog en die son te gee. Hy is egter daarvan beskuldig dat hy die gevestigde godsdiens van sy tyd ondermyn wat hom genoodsaak het om na Lampsakus te vlug.
Anaxagoras is bekend daarvoor dat hy die kosmologiese konsep nous (verstand), as 'n ordeningsmag, geskep het. Hy beskou materie as bestaande uit 'n oneindige hoeveelheid van onvernietigbare primêre elemente. Die skepping en verdwyning van elemente word deur hom toegeskryf aan onderskeidelik vermenging en skeiding van dié onvernietigbare primêre elemente.