Andromedides | ||
Die uitstralingspunt van die Andromedides in Desember 2013 naby γ Cassiopeiae (naby die middel van die "W").[1] | ||
Moederliggaam | 3D/Biela | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Andromeda | |
Regte klimming | 01h 36m[2] | |
Deklinasie | +37°[2] | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 25 September – 6 Desember[3] | |
Hoogtepunt | 9 November[2] | |
Spoed | 19 km/s[2] | |
Sterre per uur | 3[2] |
Die Andromedides is ’n meteoorreën wat verbind word met 3D/Biela, of Biela se Komeet; dit kom voor wanneer die Aarde deur die stofdeeltjies beweeg wat deur die komeet agtergelaat is. Die komeet het teen 1846 verbrokkel; die verspreiding van die brokstukke teen 1852 dui daarop dat die komeet óf in 1842 óf in vroeg 1843 opgebreek het toe dit naby Jupiter was.[4][5] Dit het gelei tot besonder skouspelagtige reëns in daaropvolgende jare (veral in 1872 en 1885).[3][6]
In die vroeë 19de eeu, voor die komeet se verbrokkeling, was die uitstralingspunt in die sterrebeeld Kassiopeia.[7] In die laaste eeu is die uitstralingspunt van die moderne, swakker meteoorreën gewoonlik in Andromeda, soos die naam aandui, maar vanweë sy ouderdom en die verspreiding van deeltjies kan dit lyk of meteore uit die aangrense sterrebeelde soos Visse, Driehoek en Kassiopeia kom.[2][4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Sky&Tel131208
<ref>
tag; no text was provided for refs named IMO2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kronk
<ref>
tag; no text was provided for refs named Space.com
<ref>
tag; no text was provided for refs named Jenniskens2007
<ref>
tag; no text was provided for refs named Hergenrother
<ref>
tag; no text was provided for refs named wieg120926