'n Apteek is 'n kleinhandel winkel wat onder andere voorskrifmedisyne verskaf. In die apteek hou 'n apteker toesig oor die resepteer van mediese voorskrifte en is beskikbaar om advies te gee oor voorskrifmedisyne, asook die aanbod van selfsorgmedikasie. 'n Tipiese kleinhandelapteek is in die kommersiële omgewing van 'n gemeenskap. Sedert die jare 1980 het daar in Suid-Afrika die sg. posapteke ontstaan, wat pasiënte se medikasie direk per koerier laat aflewer.