Archaeopteryx | |
---|---|
![]() | |
Die Berlynse spesimen van Archaeopteryx. | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klade: | Dinosauria |
Klade: | Saurischia |
Klade: | Theropoda |
Klade: | Avialae |
Familie: | †Archaeopterygidae |
Genus: | †Archaeopteryx Meyer, 1861 |
Tipespesie | |
†Archaeopteryx lithographica Meyer, 1861
| |
Spesies | |
| |
Sinonieme[1] | |
Lys
|
Archaeopteryx (soms op sy ou Duitse naam, Urvogel, "oervoël", genoem) is 'n genus voëlagtige dinosourusse. Die naam kom van die antieke Griekse ἀρχαῖος (archaīos, "antiek") en πτέρυξ (ptéryx, "veer" of "vlerk"). Tussen die laat 19de en vroeë 21ste eeu is Archaeopteryx algemeen deur paleontoloë en in gewilde verwysingsboeke aanvaar as die oudste bekende voël (lid van die groep Avialae).[2] Ander moontlike lede van Avialae is sedertdien geïdentifiseer, insluitend Anchiornis, Xiaotingia en Aurornis.[3]