Awatsjinski | |
---|---|
Ligging | Kamtsjatka-skiereiland, Rusland |
Hoogte | 2 741 meter bo seevlak |
Koördinate | 53°15′18″N 158°49′48″O / 53.25500°N 158.83000°O |
Laaste uitbarsting | 2008[1] |
Ligging in Kamtsjatka-krai. |
Awatsjinski (ook bekend as Awatsja of Awatsjinskaja Sopka, Russies: Авача, Авачинская сопка) is 'n aktiewe stratovulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Petropawlofsk-Kamtsjatski, die hoofstad van Kamtsjatka-krai. Dit is saam met die naburige Korjakski-vulkaan aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë hulle geskiedenis van uitbarstings en hulle nabyheid aan dig bevolkte gebiede.
Awatsjinski se laaste uitbarsting was in 2008. Dit was klein in vergelyking met die vulkaan se uitbarsting in 1945.