Bananal Inheemse naam: Ilha do Bananal | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Bananal se noordelike einde soos in 1992 opgeneem | |
Geografie
| |
Ligging | Tussen die Rio Araguaia en sy oostelike sytak, die Rio Javaés in Brasilië |
Koördinate | 11°20′S 50°41′W / 11.333°S 50.683°W
|
Oppervlakte | 19 162,25 vk km
|
Administrasie | |
Brasilië | |
Deelstaat | Tocantins
|
Tweede grootste riviereiland ter wêreld |
Bananal (Portugees: Ilha do Bananal, [banaˈnaw]; letterlik: "Piesang-eiland") is die tweede grootste riviereiland ter wêreld na Marajó en die grootste bekende binnelandse riviereiland. Dit is tussen die Rio Araguaia en sy oostelike sytak, die Rio Javaés in die middel van Brasilië geleë. Dit lê in die weste van die Brasiliaanse deelstaat Tocantins en grens aan Mato Grosso in die weste. Bananal beslaan 'n oppervlakte van 19 162,25. Hier is die Araguaia Nasionale Park geleë, waar die inheemse Karajá-volk leef.
Die noordelike derde van die eiland behoort tot die Araguaia Nasionale Park, 'n gewilde ekotoerismebestemming. Die suidelike tweederdes behoort aan inheemse volke.