Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumsulfaat |
IUSTC-naam | Bariumsulfaat |
![]() | |
Chemiese formule | BaSO4 |
Molêre massa | 233.39 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7727-43-7[1] |
Voorkoms | Wit vastestof |
Reuk | Reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=888,4pm b=545,8pm c=715,3[2] |
Ruimtegroep | Pnma [2] |
Nommer | 62 |
Strukturbericht | H0₂ |
Smeltpunt | 1580 °C[1] |
Kookpunt | 1600 °C[1] |
Digtheid | 3,97 g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water |
Ksp | 1,1 10-10[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 307.000 [mg/kg] (rol; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Bariumsulfaat is die anorganiese verbinding met die chemiese formule BaSO4. Dit is 'n reuklose wit kristallyne vaste stof en onoplosbaar in water. Dit kom voor as die mineraal bariet, wat die belangrikste kommersiële bron van barium en bariumprodukte is. Sy hoë digtheid en ondeursigtige wit voorkoms is die eienskappe wat lei tot sy belangrikste toepassings.[4]