Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Basilie

Basilie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
Orde:
Lamiales
Familie:
Genus:
Ocimum
Spesie:
O. basilicum
Binomiale naam
Ocimum basilicum

Basiliekruid, Thaise basilie of soetbasilie is 'n algemene naam vir die kulinêre plante Ocimum basilicum van die familie Lamiaceae (minte), soms ook bekend as Saint Joseph's Wort in sommige Engelssprekende lande.

Basilie is moontlik inheems aan Indië, [1] waar dit reeds vir meer as 5000 jaar gekweek word.[2] Die Griekse skrywers Theophrastus[3] en Dioscorides was deeglik vertroud daarmee. Dit is 'n halfgeharde eenjarige plant, bekend as 'n prominente kulinêre plant in Italiaanse kookkuns, en speel ook 'n belangrike rol in die Suidoos-Asiatiese kookkuns van Indonesië, Thailand, Maleisië, Viëtnam, Kambodja, Laos en Taiwan. Afhangende van die spesie en kultivar, kan die blare 'n bietjie soos anys proe, met 'n sterk, skerp, dikwels soet reuk.

Daar is baie variëteite van Ocimum basilicum, asook verskeie verwante spesies of spesiebasters wat ook basiliekruid genoem word. Die tipe wat gebruik word in Italiaanse kos is basiliekruid, in teenstelling met Thaise basilie (O. basilicum var. thyrsiflora), suurlemoenbasilie (Ocimum × citriodorum) en heilige basiliekruid (Ocimum tenuiflorum), wat gebruik word in Asië. Terwyl die mees algemene spesies van basiliekruid as eenjarige plante gekeek word, is sommige variëteite meerjariges in warm, tropiese klimaat, insluitende die heilige basiliekruid en 'n kultivar wat bekend staan as 'African Blue'.

  1. http://gernot-katzers-spice-pages.com/engl/Ocim_bas.html
  2. Father Kino's Herbs: Growing & Using them Today, 2011 Jacqueline A. Soule, Ph. D., Tierra del Sol Institute Press, Tucson, AZ.
  3. Theophrastus noem sy houtagtige wortel, i.vi.6.

Previous Page Next Page






Ocimum basilicum AN Eorþmistel ANG ريحان Arabic ريحان ARZ Ocimum basilicum AST Adi reyhan AZ ریحان AZB Sulasih BAN Kamhotan BCL Базілік BE

Responsive image

Responsive image