Betsileo | |
---|---|
Betsileo-kinders | |
Totale bevolking: | Sowat 1,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Madagaskar |
Taal: | Malgassies |
Geloofsoortuiging: | |
Verwante etniese groepe: | Merina, Austronesiërs, ander Malgassiese volke |
Die Betsileo is die derde grootste etniese groep in Madagaskar, ná die Merina en Betsimisaraka. Hulle bewoon die sentrale plato, van noord van die Maniarivier in die noorde tot aan die voet van die Andringitra-massief in die suide; wes tot by die Bongolava-reeks en oos tot by die Oostelike Woud, wat deur die Tanala-volk bewoon word. Hulle tel sowat 1,5 miljoen,[1] omtrent 12,1% van die algehele bevolking. Hulle het hul naam, wat "Die Baie Onoorwinbares" beteken, gekies ná ’n mislukte inval in die vroeë 19de eeu deur koning Ramitraho van die Menabe-koninkryk.[2][3]