Boomwindswael | |
---|---|
Hemiprocne comata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Hemiprocnidae Oberholser, 1906
|
Genus: | Hemiprocne Nitzsch, 1829
|
Spesies | |
Slegs drie spesies boomwindswaels (familie Hemiprocnidae) word aangetref, maar hulle kom nie in Suider-Afrika voor nie. Die verteenwoordigers is die Indiese boomwindswael (Hemiprocne longipennis), die klein boomwindswael (Hemiprocne comata) en Hemiprocne mystacea.
Boomwindswaels is nie so goed soos windswaels aangepas om in die lug te leef nie. Hulle kan egter maklik op dun takkies sit waarvandaan hulle op insekte afduik. Hulle neste word van speeksel, plantdele en vere op dun takkies gebou en vorm 'n klein kommetjie.
Omdat die takkies baie beweeg, moet hulle die eier met speeksel aan die nes vasplak om te verhoed dat dit uitval. Die wyfie kan dus nie soos al die ander voëls die eier omdraai nie, maar die beweging van die takke bring waarskynlik mee dat die inhoud binne die dop ronddraai.