Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Borsbeeld

Die buuste van Nofretete.
Wilhelm II in Huis Doorn.
James Ensor (Beeldhouwerk van Rik Wouters; Oostende)

'n Borsbeeld of buuste is 'n beeldhouwerk wat slegs die hoof, bors en skouers toon. Dit is die ekwivalent van 'n portret in die beeldende kunste. Borsbeelde word gebruik om bestaande of historiese persone af te beeld.

Die kunsvorm kom oorspronklik uit die Egiptiese en later Griekse eras. Die funksie van borsbeelde het oor die tye presies dieselfde gebly, naamlik om die voorkoms van 'n persoon vas te vang. Borsbeelde is meestal vir belangrike persone soos konings en heersers gemaak sodat hulle onderdane weet hoe hulle lyk en sodat hulle op die manier verewig word.

Met die skep van 'n borsbeeld word daar gewoonlik eers 'n model van sagter materiaal gemaak. Die model word tipies met gips, klei of was geskep. As die model voltooi is word dit gewoonlik in metaal (soos brons) gegiet of uit steen (soos marmer) gebeitel.


Previous Page Next Page






تمثال نصفي Arabic Büst AZ Бюст (скульптура) BE Бюст (паметник) Bulgarian Bista BS Bust Catalan Busta Czech Buste (skulptur) Danish Büste German Προτομή Greek

Responsive image

Responsive image