Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Breda

Breda


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Nederland Nederland
 Administratiewe gewes Noord-Brabant
 Koördinate 51°34′N 4°48′E / 51.567°N 4.800°O / 51.567; 4.800
 Stigting 1080
 Oppervlakte:  
 - Totaal 129,15 vk km
 Hoogte bo seevlak 0 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 174 544
 - Bevolkingsdigtheid 1 377/vk km
 Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CEST (UTC+2)
 Burgemeester (party) Paul Depla (PvdA)
 Amptelike webwerf www.breda.nl
 Wikimedia Commons Breda

Breda is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant. Die munisipale gebied het sowat 175 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 129 km².

Die munisipaliteit Breda sluit naas die stad self ook die dorpe Bavel, Prinsenbeek, Teteringen en Ulvenhout in. Breda is geleë op die belangrike handelsweë Rotterdam - Antwerpen en Amsterdam - Utrecht - Antwerpen. Dit het ook 'n treinstasie op die nuwe hoësnelheidslyn HSL-Zuid, van Parys oor Brussel en Antwerpen na Rotterdam en Amsterdam.

Breda beskik oor 'n historiese sentrum met talle historiese geboue. Die Grote Markt is die sentrale punt van die stad. Behalwe talryke kafees en restourante word hier ook die Oude Stadhuis en die Grote of Onze Lieve Vrouwekerk aangetref. Die stadskasteel uit die 17de eeu huisves die Koninklijke Militaire Academie. Aan die suidekant van die stad is die Kasteel Bouvigne.


Previous Page Next Page






Breda (Países Baixos) AN بريدا Arabic بريدا (تجمع سكان فى بريدا) ARZ Breda AST Breda BAN Брэда BE Брэда BE-X-OLD Бреда Bulgarian Breda BR Breda (Països Baixos) Catalan

Responsive image

Responsive image