Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Breekhout

Breekhout
Breekhout (Alberta magna)
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Rubiaceae
Genus: Alberta
Spesie:
A. magna
Binomiale naam
Alberta magna
E.Mey, (1838)
Blomme

Die breekhout (Alberta magna) is 'n struik of klein boom wat floreer aan die kus maar glad nie groei in die binneland of droë toestande nie. Die breekhout is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die ekostreek AT1012 (die rivierklowe van Maputa- tot Pondoland) voor. Dit is die immergroen woude en bosryke klowe in KwaZulu-Natal en suidwaarts tot by Oos-Londen. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys. Dit is veral omdat in die graslande wat die rivierklowe onring te dikwels in die brand gesteek word. Daar word ook deur sangomas boombas geoes, maar dit is minder belangrik. In gebiede waar daar minder veldbrande veroorsaak word, is hierdie boom een van die eerste wat die graslande koloniseer.[1] Op die IUBN-rooilys word dit steeds as veilig gelys.[2]

Die blomme is rooi tot karmosynkleurig en buisvormig wat tot 3 cm lank word. Hulle word in digte hofies gedra. Die vrugte het twee vlerkies van tot 2 cm lank. Die vrugte word ook rooi tot skarlakenrooi van kleur. Die boom se FSA-nommer is 701.[3]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  2. "IUBN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2018.
  3. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Previous Page Next Page






البرتا ماجنا ARZ Alberta magna AST Alberta magna CEB Αλβέρτα (φυτό) Greek Alberta magna English Alberta magna Spanish Alberta (biljni rod) Croatian Alberta magna ILO Alberta magna Swedish Alberta magna VI

Responsive image

Responsive image