Capparaceae | |
---|---|
Caper (Capparis spinosa) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Capparaceae Juss.[1][2] |
Genera | |
Sien teks |
Capparaceae is die kapper-familie wat tot die orde Brassicales behoort. Spesies van die familie word dwarsoor die wêreld aangetref. Gepekelde of ingelegde kappertjiesaad word gemaak uit die blomknoppe van die Mediterreense spesie Capparis spinosa. Die familie omvat 700 spesies wêreldwyd, waarvan 50 spesies plaaslik voorkom, en waarvan 15 bome is. Die familie is oorwegend inheems aan tropiese areas en word moeilik uitgeken sonder aanwesige blomme of vrugte. Die grootse genera in die familie is: Capparis (omtrent 150 spesies), Maerua (omtrent 100 spesies), Boscia (37 spesies) en Cadaba (30 spesies).