Algemeen | |
---|---|
Naam | Chloraat |
Termochemiese radius | 2,08(19) Å [1] |
Lys van anione |
'n Chloraat is 'n sout wat die ClO−3-ioon bevat, wat die suurres van chloorsuur HClO3 is.
Chlorate is baie sterk oksideerders en die oksidasietoestand van die sentrale chlooratoom is 5+ (V). Chlorate is baie goed oplosbaar in water. Litiumchloraat het 'n oplosbaarheid van 313,5 g sout in 100 g water, wat 'n verhouding van 1,6 watermolekule per chloraat verteenwoordig.[2]