Delicious | |
---|---|
Taal(e) | verskeie |
Registrasie | Opsioneel |
Outeur | Joshua Schachter, stigter van GeoURL, en medestigter van Memepool |
Opgerig | September 2003 |
Huidige status | Onaktief |
del.icio.us was 'n sosiale boekmerkwebwerf : 'n webwerf geskep vir die stoor, deel en ontdekking van web-boekmerke. Die webwerf kom aan die einde 2003 aanlyn en word destyds as 'n Web 2.0-toepassing deur sommige waarnemers beskryf wat sou dien as 'n voorbeeld van die rigting waarin die internet sou ontwikkel. Dié webwerf was ontwikkel deur Joshua Schachter.[1][2]
Op 9 Desember 2005 word die webwerf aangeskaf deur Yahoo!. Die koopprys was nie bekend gemaak nie, maar was tussen $15-30 miljoen VSA dollars geskat. del.icio.us se span was veronderstel om nou saam te werk met dié van Flickr, 'n webwerf wat voorheen deur Yahoo! bekom is. Dit was egter onsuksesvol, waarna Yahoo del.icio.us in 2011 weer aan YouTube-stigters Chad Hurley en Steve Chen verkoop het. Die maatskappy is daarna deur Science Inc. in 2014 gekoop. In 2016 is dit aan Delicious Media verkoop[3] en uiteindelik in Januarie 2017 deur Pinboard, 'n Amerikaanse sosiale boekmerkwebwerf, oorgeneem. Maciej Cegłowski, skepper van Pinboard, het gesê dat hy del.icio.us gekoop het "sodat dit nie van die internet verdwyn nie". Op Junie 2015 het die webwerf 'leesalleen' geword en was dit nie meer moontlik om boekmerke by te voeg of daarvoor te stem nie. In 2020 kan die webwerf nie meer besoek word nie.