Dichtaoe | |
---|---|
Ligging | Republiek van Kabardino-Balkarië, Rusland |
Hoogte | 5 205[1] meter bo seevlak |
Reeks | Kaukasus |
Koördinate | 43°3′10″N 43°7′54″O / 43.05278°N 43.13167°O |
Eerste bestyging | 1888 |
Eerste bestyger(s) | John Cockin Albert Mummery |
Dichtaoe (Russies: Дыхтау, Karatsjai-Balkaries: Дых тау) is 'n berg in Eurasië wat in die suidweste van Rusland net 5 kilometer noord van die grens met Georgië geleë is. Met 'n hoogte van 5 205 meter is dit die tweede hoogste berg in die Kaukasus asook van Rusland, en word dit soms as die tweede hoogste berg van Europa beskou. Volgens die algemene definisie van die grens tussen Europa en Asië is Dufour-bergpiek in die Alpe met 4 634 meter die tweede hoogste berg in Europa.