'n Diodebrug is 'n bruggelykrigterstroombaan wat bestaan uit vier diodes wat gebruik word tydens die proses om wisselstroom (WS) van die insetterminale na gelykstroom (GS) by die uitsetterminale om te skakel. Die brug se taak is om die negatiewe spanning van die WS-golfvorm na 'n positiewe spanning om te skakel waarna 'n onderdeurlaatfilter gebruik word om die oorblywende rimpel te verwyder sodat die golf waarlik gelyk is.[1]
Wanneer dit gebruik word in sy mees gebruikte toepassing, om WS na GS om se skakel, staan dit bekend as 'n bruggelykrigter. 'n Bruggelykrigter verskaf heelgolfgelykrigting van die tweedraad WS-inset, wat dit goedkoper en ligter maak in vergelyking met 'n gelykrigter wat 'n driedraadinset het vanaf 'n transformator met 'n middeltap sekondêre winding.[2]
Voordat geïntegreerde stroombane beskikbaar was, was 'n bruggelykrigter met afsonderlike diodes vervaardig. Sedert ongeveer 1950 is 'n enkelvierterminaalkomponent, wat die vier diodes bevat het in 'n brugkonfigurasie, beskikbaar en is tans beskikbaar met verskillende spanning- en stroomspesifikasies.
Diodes word ook in 'n brugtopologie saam met kapasitors gebruik as spanningvermenigvuldigers.
Elektroniese simbool:
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)