Diola | |
---|---|
Totale bevolking: | 500 000 |
Belangrike bevolkings in: | Gambië, Senegal en Guinee-Bissau |
Taal: | Diola, Kreool |
Geloofsoortuiging: | Diola-geloof, Christendom en Islam |
Verwante etniese groepe: |
Die Diola is 'n bevolkingsgroep wat in Gambië, Senegal (Casamance), en Guinee-Bissau woon. Hulle is meestal gevestigde landbouers wat rysaanplantings in die riviergebiede van die Senegambië in stand hou. Onderskeidend in 'n grootliks Moslem-gebied is die Diola meestal Katoliek.