Djer word beskou as die derde Egiptiese farao van die 1ste Dinastie. Hy het omstreeks die middel van die 31ste eeu v.C. geleef[1] en sowat 40 jaar lank regeer. ’n Gemummifiseerde voorarm van Djer of sy vrou is deur Flinders Petrie ontdek,[2] maar dit is deur Emile Brugsch verwerp.[3]
- ↑ Grimal, Nicolas (1994). A History of Ancient Egypt. Wiley-Blackwell. p. 528. ISBN 0-631-19396-0.
- ↑ W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties, 1901, Part II, London 1901, p.16-17
- ↑ Salima Ikram and Aidan Dodson, The Mummy in Ancient Egypt: Equipping the Dead for Eternity, Thames & Hudson, 1998, p. 109