Doleriet is ’n mafiese, kristalagtige stollingsgesteente. Dit word ook diabaas, mikrogabbro[1] of groensteen[2] genoem.
Dolerietgesteentes of -plate is gewoonlik vlak intrusies met ’n fyn, korrelrige tot ofitiese struktuur. In Noord-Amerika word die term "diabaas" (diabase) verkies en in die res van die Engelssprekende wêreld "doleriet" (dolerite). Baie wetenskaplikes gebruik daarom die term "mikrogabbro" om verwarring te voorkom.