Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Donkerkamer

’n Donkerkamer by ’n hoërskool.
Die fotograaf kan in die donkerkamer werk onder ’n kleurlig waarvoor die papier nie sensitief is nie, soos ’n rooi lig.

’n Donkerkamer is ’n kamer wat pikdonker gemaak kan word vir die ontwikkeling van ligsensitiewe fotografiese materiale, soos fotografiese film en papier. Donkerkamers bestaan al sedert die begindae van fotografie in die vroeë 19de eeu.

Weens die ingewikkelde ontwikkelings- en afdrukprosesse wat by kleurfotografie betrokke is, asook die ontwikkeling van eers Polaroid-tegnologie en later digitale kameras, neem donkerkamers se gewildheid af, hoewel hulle nog algemeen aangetref word by skole, kolleges en in die ateljees van professionele fotograwe.


Previous Page Next Page