'n Drukkoker is 'n tipe kastrol met 'n lugdigte deksel (gewoonlik met veiligheidsklep) waarin kos teen hoër temperature gaargemaak word as die gewone kookpunt (100 °C vir water op seevlak). Die kooktyd word sodoende ingekort. Hoër kookpunte word in die drukvaste koker bereik deur druk op te bou.