| |||||
| |||||
Ligging van Duits-Suidwes-Afrika | |||||
Hoofstad | Otjimbingwe (1885–1891) Windhoek (1891–1915) Grootfontein (1915) | ||||
Taal/Tale | Duits (amptelik), Afrikaans, Otjiherero, Nama | ||||
Godsdiens | Christendom, San-godsdiens | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1884–1888 | Wilhelm I | ||||
- 1888 | Friedrich III | ||||
- 1888–1915 | Wilhelm II | ||||
Goewerneur | |||||
- 1885–1890 | Heinrich Göring | ||||
- 1891–1894 | Curt von François | ||||
- 1894–1905 | Theodor Leutwein | ||||
- 1905 | Lothar von Trotha | ||||
- 1905–1907 | Friedrich von Lindequist | ||||
- 1907–1910 | Bruno von Schuckmann | ||||
- 1910–1915 | Theodor Seitz | ||||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | ||||
- Adolf Lüderitz vra die Duitse kanselier Otto von Bismarck ná 'n beskerming vir 'n beplande stasie in Suidwes-Afrika | 16 November 1882 | ||||
- Stigting van Duits-Suidwes-Afrika | 7 Augustus 1884 | ||||
- "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" | 1 Julie 1890 | ||||
- Namibiese volksmoord | 1904-1908 | ||||
- Begin van die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Suidwes-Afrika (Suidwes-Afrika-veldtog) | 9 Augustus 1914 | ||||
- Ontbinding van Duits-Suidwes-Afrika en stigting van Suidwes-Afrika | 9 Julie 1915 | ||||
- Verdrag van Versailles (Volkebond-mandaat onder bestuur deur die Unie van Suid-Afrika) | 28 Junie 1919 | ||||
Area | 835 100 km2 322 434 sq mi | ||||
Geldeenheid | Duits-Suidwes-Afrikaanse mark |
Duits-Suidwes-Afrika (Duits: Deutsch-Südwestafrika, DSWA) was vanaf 1884 tot 1915 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die hedendaagse Namibië. Met 'n oppervlakte van 835 100 km² was dit omstreeks 1,5-keer groter as die Duitse Keiserryk en die enigste Duitse kolonie waar 'n aansienlike kolonisasie deur Duitsers plaasgevind het.
Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is.
Tydens die Suidwes-Afrika-veldtog is Duits-Suidwes-Afrika in 1915 deur Geallieerde troepe van die Unie van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Suidwes-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van Suid-Afrika geword. Die gebied het ná die einde van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog in 1990 as Namibië onafhanklik geword.