Elgon | |
---|---|
![]() | |
Ligging | ![]() |
Hoogte | 4321 meter bo seevlak |
Koördinate | 0°9′3″S 37°18′27″O / 0.15083°S 37.30750°O |
Bergtipe | Skildvulkaan |
Rotsouderdom | 24 miljoen jaar |
Elgon is 'n uitgewerkte skildvulkaan op die grens tussen Kenia en Uganda,[1] noord van Kisumu en wes van Kitale. Die berg se hoogste punt, bekend as "Wagagai", is geheel en al binne in Uganda geleë.[2][3] Daar is geen bewyse van die vulkaan se eerste aktiwiteite nie, tog skat geoloë dat die vulkaan ten minste 24 miljoen jaar oud is, wat dit die oudste uitgewerkte vulkaan in Oos-Afrika maak.[4] Die berg se naam is ontleen van die Masainaam Elgonyi.[5]