Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Empedokles

Empedokles
Gebore ca. 490 v.C.
Agrigentum, Sisilië
Oorlede ca. 430 v.C.
Berg Etna, Sisilië
Vakgebied Cosmogenesis en ontologie
Bekend vir Alle materie bestaan uit vier elemente: water, aarde, lug en vuur
Die kosmiese beginsels van Philotes ("liefde") en Neikos ("afstoting")[1]
Beïnvloed deur Parmenides, Pythagoreanisme
Invloed op Gorgias, Aristoteles, Lucretius

Empedokles (Grieks: Ἐμπεδοκλῆς) (Akragas, Sisilië, ca. 492 v.C. - Peloponnesos, ca. 432 v.C.) was 'n Griekse, pre-Sokratiese filosoof. Hy was 'n tydgenoot van Zenon van Elea, die 'n leerling was van Parmenides. Hy was 'n staatsman, digter, godsdiensleraar, redenaar, profeet, dokter, wonderdoener en wysgeer. Empedokles word met Herakleitos, Leucippus, Democritus en Anaxagoras gereken as 'n lid van die Griekse natuurfilosowe.

Taamlik volledige dele van sy didaktiese poësie het bewaar gebly. Empedokles se bydrae tot die filosofie bestaan nie soseer uit die afleiding van 'n nuwe teorie nie, maar uit die samevoeging van elemente van vroeë opvattings. Hy kombineer elemente uit die filosofië van Herakleitos en die Eleate. Hy staan onder sterk invloed van die Pythagorisme. So glo hy in sielsverhuising en was hy 'n vegetariër. Hy het homself as 'n god beskou.

  1. Frank Reynolds, David Tracy (eds.), Myth and Philosophy, SUNY Press, 1990, bl. 99.

Previous Page Next Page