Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Epidourus

Epidauros

Ἐπίδαυρος

Epidaurus
Stad
Die amfiteater van Epidauros bied naas perfekte akoestiek ook 'n uitsig oor die berglandskap van sy omgewing
Die amfiteater van Epidauros bied naas perfekte akoestiek ook 'n uitsig oor die berglandskap van sy omgewing
Epidauros is in Greece
Epidauros
Epidauros
Koördinate: 37°38′0″N 23°08′0″O / 37.63333°N 23.13333°O / 37.63333; 23.13333
LandVlag van Griekeland Griekeland
Geografiese streekPeloponnesos
Administratiewe streekArgolis
Oppervlak
 • Munisipaliteit340 km2 (131,4 vk. myl)
 • Munisipale eenheid161 km2 (62,0 vk. myl)
Bevolking
 • Munisipaliteit
8 115
 • Munisipaliteit density24/km2 (62/vk. myl)
 • Munisipale eenheid
3 887
 • Munisipale eenheid density24/km2 (63/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (OET)
 • SomertydUTC+3 (OEST)
Preview warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "oppervlak_leeg2_km2l"
Preview warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "oppervlak_leeg1_km2l"

Epidauros (Grieks: Ἐπίδαυρος, Latyn: Epidaurus) is die belangrikste antieke heiligdom wat aan Asklepios, die Griekse god van medisyne en genesing, en sy vader Apollo gewy is. Dit is geleë temidde van 'n berglandskap op die Peloponnesos-skiereiland naby die moderne Lygourio, 'n nedersetting in die distrik Asklipiio en die munisipaliteit Epidavros. In 1988 is die heiligdom as Unesco-wêrelderfenis gelys.

Naas sy rol as heiligdom en pelgrimsoord was Epidauros met sy hospitaalgeboue ook die vernaamste herstellingsoord in die antieke Grieks-Romeinse tydperk. Hier het ook die grootste antieke opelugteater ontstaan wat omstreeks 300 v.C. teen 'n helling gebou is en ná latere uitbreidings sitplekke vir 14 000 besoekers gebied het. Epidauros se amfiteater is die bes bewaarde in Griekeland. Ná argeologiese opgrawings en herstelwerk in die 19de eeu is dit toeganklik vir die publiek en tans – saam met die Asklepios- en Tholos-tempels – een van die gewildste antieke besienswaardighede in Griekeland.[1]

  1. Visit Greece – Sanctuary of Asklepios at Epidauros. Besoek op 20 Februarie 2018

Previous Page Next Page






إبيداوروس Arabic Епидавър Bulgarian Epidaure Catalan Epidaurus (arkiyolohiyang dapit sa Gresya) CEB Epidauros Czech Epidauros German Επίδαυρος Greek Epidaurus English Epidaŭro EO Epidauro Spanish

Responsive image

Responsive image