Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Epiek

Tablet wat fragmente bevat van die Gilgamesj-epos
Homeros

‘n Epiek (vanaf die Oudgriekse byvoeglike naamwoord ἐπικός (epikos), van ἔπος (epos) "woord, storie,gedig"[1]) is ʼn omslagtige verhalende gedig, gewoonlik oor 'n ernstige onderwerp wat detail bevat oor heroïese dade en gebeure van groot belang vir 'n beskawing of nasie.[2] Mondelinge digkuns kan ook as 'n epiek kwalifiseer, en Albert Lord en Milman Parry voer aan dat klassieke eposse in wese 'n mondelinge vorm van digkuns was.

Nog 'n tipe heldedig of epiek is 'n epyllion (meervoud: epyllia) ook genoem klein-epos, wat 'n verkorte verhalende gedig is met 'n romantiese of mitologiese tema. Die term is in die negentiende eeu in gebruik geneem. Dit verwys merendeels na die geleerde, korter heksametriese gedigte van die Hellenistiese periode en die ooreenstemmende werke in Rome bestaande uit die neoteriese era; tot 'n mindere mate sluit die term ook sommige gedigte in uit die Engelse Renaissance, veral dié beïnvloed deur Ovidius. Die bekendste voorbeeld van 'n klassieke epyllion is moontlik Catullus 64.

Van die bekendste voorbeelde van epiese digkuns sluit in die Ramayana, Mahabharata, die Oudgriekse Ilias en die Odussee, die Oudengelse Beowulf, of die Portugese digter Luís de Camões se Lusiade (Os Lusíadas, 'n historiese benaming vir die Portugese, die bewoners van Lusitanië), 'n geïdealiseede geskiedenis van Portugal.[3]

  1. Epic Online Etymology Dictionary
  2. Michael Meyer, The Bedford Introduction to Literature, Bedford/St. Martin's, 2005, p2128. ISBN 0-312-41242-8
  3. "epic". The Columbia Encyclopedia (6). (2004). New York: Columbia University Press. URL besoek op 25 September 2007. 

Previous Page Next Page






Epik ALS Épica AST Epik növ AZ Эпас (род літаратуры) BE Epika BS Èpica Catalan Epiko CEB Epika Czech Эпос CV Epik Danish

Responsive image

Responsive image