Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ermland

Oudpruisiese landskappe en stamme
Ermland (Warmia)

Die Ermland (Prussies, Pools en Latyns: Warmia) was aanvanklik 'n nedersettingsgebied van die Prusse, en toe na die verowering deur die Duitse Orde in die 13de eeu, 'n bisdom binne die staat van die Duitse Orde, wat onder die naam Prinsbisdom van Ermland van 1466 tot 1772 'n sekere mate van onafhanklikheid onder die Poolse owerheid geniet het. Die belangrikste stede in hierdie streek was Elbing en Braunsberg, en ook die kasteel van Balga. Die grootste gedeelte van Ermland het vir 'n lang tyd aan Oos-Pruise behoort. Ermland is nou deel van die woiwodskap Ermland-Masurië in Pole.

Die eerste gedokumenteerde melding van "Warmia" dateer uit die jaar 1249. Wormyan, warmun beteken "rooi" in Prussies. "Wormeland" is die streek se naam in 1262, en eers in 1299 verskyn die naam "Ermelandt". Dit is die Duitse Naam van die Oud-Pruisiese streek.

Volgens 'n legende, was Warmo, die negende seun van die koning Widowuto, wat die streek langs die Nava (Mariensee) en die Bassora (Passarge) ontvang het. Hy het vir homself 'n vesting gebou wat hy Tolo genoem het. Volgens hierdie legende het die Duitse naam Ermland sy oorsprong in die naam van "Ermia", die vrou van Warmo.


Previous Page Next Page






Varmė BAT-SMG Вармія BE Вармия Bulgarian Varmie Czech Ermland Danish Ermland German Warmia English Varmio EO Varmia Spanish Warmia ET

Responsive image

Responsive image