Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Eufemisme

'n Eufemisme of versagting is 'n woord, sinsdeel of soms 'n hele sin waarmee iets mooier of vriendeliker voorgestel word as wat dit werklik is. Die felheid daarvan word dus met versagtende woorde of uitdrukkings verbloem.

Eufemismes word gebruik om die negatiewe gevoel wat bedoel word te verdoesel. Woorde of woordgroepe wat as taboe gesien word, word dan vervang met iets wat meer aanvaarbaar sal wees. Met ander woorde: die gebruik van eufemismes word sterk bepaald deur die gevoelswaarde of konnotasie van ander woorde. Dit word dikwels gebruik om die volgende taboes te beskryf: die Opperwese, die duiwel, sondige aktiwiteite, die dood, terminale siektes, fisiese en geestelike afwykings, seks, die skaamdele en uitskeidingsfunksies van die liggaam.


Previous Page Next Page






تهوين Arabic Eufemismu AST Evfemizm AZ Эвфемизм BA Euphemismus BAR Евфемизъм Bulgarian Eufemisme BJN সুভাষণ Bengali/Bangla Eufemizam BS Eufemisme Catalan

Responsive image

Responsive image