Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Fabriek

'n Steenfabriek in Nederland.

'n Fabriek is 'n gebou waar werkers masjiene gebruik om goedere te vervaardig om te verkoop. Dit verwys gewoonlik na 'n perseel deur 'n maatskappy oprig vir die massa-produksie van produkte. Gewoonlik word groot volumes van dieselfde voorwerpe by 'n fabriek gemaak. Hierdeur word produktiwiteit verhoog en die koste van die produkte afgebring.

Fabrieke word toenemend gemeganiseer om arbeidskostes te verlaag en die kwaliteit van die produkte te verhoog. Fabrieke kan byvoorbeeld met robotte uitgerus word wat produkte soos rekenaars en motors sonder enige direkte menslike arbeid kan vervaardig. Hoewel dit geleenthede vir geskoolde arbeiders skep, lei meganisasie dikwels tot die aflegging van ongeskoolde arbeid.

Die woord fabriek is afgelei van die Latynse fabrica, wat "werkplek", en faber, wat "ambagsman" beteken.


Previous Page Next Page






Pabrék ACE Fabrica AN مصنع Arabic Fábrica AST Fabrik AZ فابریکا AZB Фабрика BA Dėrbīkla BAT-SMG Pabrika BCL Фабрыка BE

Responsive image

Responsive image