Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Flikkerlig, ook rigtingwyser en rigtingflikker, is 'n lig op 'n voertuig wat gebruik word om ander padgebruikers te waarsku dat 'n voertuig na links of regs gaan draai. Die flikkerlig is gewoonlik vooraan wit of oranjegeel, terwyl dit agter rooi of oranjegeel is. Aan die sykante moet rigtingwysers oranjegeel flikker. Op die paneel se instrumentegroep van die motor moet die flikkerwaarskuliggies gelyktydig met die flikkerligte buite saamval. Daar is ook meestal klankterugvoer betrokke: as die flitse of klank skielik vinniger as gewoonlik is, dan dui dit op 'n fout van een of meer lampe.
'n Agtereenvolgende voertuig wat sy regterflikkerlig aanskakel (in Suid-Afrika), is 'n teken dat hy die motor voor hom gaan verbysteek.
Wanneer flikkerligte tegelyk links en regs flikker, is dit 'n waarskuwingsteken. Sou aankomende verkeer aan die regterbaan opeens hul waarskuwingsligte flikker mag dit soms (hoewel onwettig) dui op 'n spoedlokval, ongeluk, verkeersknoop of loslopende diere op die pad vorentoe. 'n Verbystekende motor wat sy waarskuwingsligte flikker kan ook 'n teken van dankbetuiging wees.
As 'n motor onklaar geraak het en langs die pad tot stilstand kom, word die waarskuwingsligte ook gebruik.