Flytoget AS | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 24 November 1992[1] |
Hoofkantoor | Oslo, Noorweë[1] |
Sleutelpersone | Linda Bernander Silseth (hoof uitvoerende beampte) Endre Skjørestad )voorsitter van die Raad)[2] |
Gebied bedien | Groter Oslo |
Industrie | Spoorvervoer |
Produkte | Lughawe spoorverbinding |
Inkomste | NOK689 miljoen[2] (2007) |
Bedryfsinkomste | NOK192 miljoen[2] (2007) |
Netto inkomste | NOK182 miljoen[2] (2007) |
Werknemers | 265 (2007) |
Moedermaatskappy | Noorse Ministerie van Handel en Nywerheid[2] |
Webwerf | flytoget.no |
Flytoget (Afrikaans: "Lughawe-sneltrein") is 'n hoëspoedtreindiens wat die Oslo-lughawe in Gardermoen met die Noorse hoofstad Oslo verbind. Die treindiens word deur die maatskappy Flytoget AS op die Gardermobanen-hoëspoedtrajek bedryf. Treine bereik 'n maksimale snelheid van 210 kilometer per uur sodat die reistyd tussen Oslo se hoofstasie (Oslo Sentralstasjon, Oslo S) en die lughawe tot 19 minute verkort word. Treine vertrek op werkdae elke tien minute (behalwe vir Saterdae wanneer treine slegs elke twintig minute vertrek).
Die hoëspoedtreindiens is in 1998 ingestel nadat Oslo se internasionale lughawe vanuit Fornebu na Gardermoen, 'n landelike gebied noord van die stad, verskuif is. Dit is tans die enigste hoëspoedtreindiens in die land.
Sowat die helfte van die treine loop sonder om te stop tussen die lughawe en Oslo S, terwyl die ander treine ook voorstede in die ooste en weste van Oslo op die spoorlyn Gardermoen - Lillestrøm - Oslo S - Nationalteateret - Skøyen - Lysaker - Sandvika - Asker bedien. Sowat 'n derde van alle passasiers van Oslo-lughawe ry op die Flytoget-treine, en die treindiens het sodoende die grootste markaandeel van alle lughawe-treine ter wêreld. Die treinvloot bestaan uit 16 BM71 elektriese eenhede wat deur Adtranz (tans 'n dogtermaatskappy van die Kanadese vervaardiger Bombardier) gebou is.