Fomalhaut | ||||
’n DSS-foto van Fomalhaut. Krediet: Nasa, ESA en die Digitized Sky Survey 2. Erkenning: Davide de Martin (ESA/Hubble) | ||||
Sterrebeeld | Suidelike Vis (Fomalhaut A + B), Waterdraer (Fomalhaut C) | |||
Bayer-naam | Alpha Piscis Austrini | |||
Spektraaltipe | A3 V / K5 Vp / M4 V[1][2] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Komponent 1 | Fomalhaut | |||
Regte klimming | 22h 57m 39.0465s[3] | |||
Deklinasie | -29° 37′ 20.050″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,16[4] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,72[5] | |||
B-V-kleurindeks | 0,09[1][6] | |||
U-B-kleurindeks | 0,08[6] | |||
Komponent 2 | TW Piscis Austrini | |||
Regte klimming | 22h 56m 24.05327s[3] | |||
Deklinasie | -31° 33′ 56.0351″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 6,48[7] | |||
Absolute magnitude (M) | 7,08[5] | |||
B-V-kleurindeks | 1,10 | |||
U-B-kleurindeks | 1,02 | |||
Komponent 3 | LP 876-10 | |||
Deklinasie | -24° 22′ 07.5″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 12,618[1] | |||
B-V-kleurindeks | 1,683 | |||
U-B-kleurindeks | ? | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | Fomalhaut | |||
Massa (M☉) | 1,92±0,02[5] | |||
Radius (R☉) | 1,842±0,019[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 16,63±0,48[5] | |||
Temperatuur (K) | 8 590[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 93[8] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,03[9] tot -0,34[10] | |||
Komponent 2 | TW Piscis Austrini | |||
Massa (M☉) | 0,725 ± 0,036[2] | |||
Radius (R☉) | 0,629 ± 0,051[2] | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,19[5] | |||
Temperatuur (K) | 4 711 ± 134[2] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 2,93[2] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 25 | |||
Ouderdom (jaar) | 440 miljoen[5] | |||
Veranderlikheid | Geen / BY Draconis / ? | |||
Veelvoudigheid | 3 sterre | |||
Ander name | ||||
Fomalhaut: α Piscis Austrini, α PsA, Alpha PsA, 24 Piscis Austrini, CPD −30° 6685, FK5 867, Gl 881, HD 216956, HIP 113368, HR 8728, SAO 191524 TW Piscis Austrini: Fomalhaut B, TW PsA, Gl 879, HR 8721, CD -32°17321, HD 216803, LTT 9283, GCTP 5562.00, SAO 214197, CP(D)-32 6550, HIP 113283 LP 876-10: Fomalhaut C, 2MASS J22480446-2422075, NLTT 54872, GSC 06964-01226 | ||||
|
Fomalhaut (ook bekend as Alpha Piscis Austrini of α PsA) is die helderste ster in die sterrebeeld Suidelike Vis (Piscis Austrinus) en een van die helderste sterre in die lug. Dit is ’n A-tipe hoofreeksster sowat 25 ligjare van die Son af.[11] Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[12] Dit word geklassifiseer as ’n Vega-agtige ster wat ’n oormaat infrarooi uitstraal omdat dit deur ’n sirkumstellêre skyf omring word.[13] Dit is eintlike ’n driedubbele ster, wat bestaan uit Fomalhaut, die K-tipe hoofreeksster TW Piscis Austrini en die M-tipe rooidwerg LP 876-10. Die komponente is egter verskeie grade van mekaar af.[14]
Fomalhaut is belangrik in die bestudering van eksoplanete, want dit is die eerste sterstelsel met ’n eksoplaneetkandidaat (Fomalhaut b, later hernoem tot Dagon) wat teen sigbare golflengtes afgeneem is. Die foto is in November 2008 in die tydskrif Science gepubliseer.[15] Fomalhaut is die derde helderste ster van die Aarde af met ’n planeetstelsel, naas die Son en Pollux.
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa505_1_205
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
<ref>
tag; no text was provided for refs named age_mam
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa426
<ref>
tag; no text was provided for refs named mnras286_3
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa490_1
<ref>
tag; no text was provided for refs named GSM
<ref>
tag; no text was provided for refs named baas25_1319
<ref>
tag; no text was provided for refs named Mamajek2013
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kalas2008