Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Futurisme

Die grondlegger van Futurisme, Filippo Tommaso Marinetti (1876–1944)
Futuristiese beeldhoukuns: Umberto Boccioni se Forme uniche della continuità nello spazio ("Unieke vorme van kontinuïteit in 'n ruimte")
Museum of Modern Art, New York Stad

Futurisme (Italiaans: Futurismo, afgelei van futuro «toekoms»; Russies: Футуризм Futurizm) was 'n avantgardistiese kunsstroming en sosiale beweging wat sy oorsprong in die vroeë 20ste eeuse Italië het. Dinamisme, snelheid, energie, tegnologie, jeug en geweld het sentraal gestaan in die beweging, naas tegniese voorwerpe en verskynsels soos motors, vliegtuie en die moderne nywerheidstad. Alhoewel die nuwe beweging uitgestraal het na Rusland (waar dit groot invloed sou uitoefen op die Russiese avantgarde en rewolusionêre digters soos Wladimir Majakofski), Engeland, België en ander lande, het futurisme sy stempel veral op die Italiaanse kunslewe afgedruk. As stigter word die Italiaanse skrywer en fascistiese politikus Filippo Tommaso Marinetti (1876–1944) beskou wat sy eerste Futuristiese manifes op 20 Februarie 1909 in die Paryse dagblad Le Figaro gepubliseer het.

Met sy neologisme futurismo het Marinetti op sy doelwit gesinspel om van die kunsvorme van die verlede ontslae te raak en in plaas daarvan die vitaliteit, snelle verandering, rusteloosheid en innovasie van die moderne samelewing en kultuur te vier. So het hy in sy manifes nuwe tegnologieë soos die motor en die skoonheid van sy snelheid, krag en beweging gehuldig. Geweldpleging is deur hom as 'n geskikte manier beskou om weg te doen met tradisionele waardes en instellings. Sy skerp en aggressiewe retoriek, waarmee hy die vernietiging van kulturele instellings soos museums en biblioteke aanbeveel het, is opsetlik gekies om 'n openbare debat te laat ontvlam.[1]

Futuristiese kunstenaars was op feitlik alle kunsgebiede werksaam - waaronder skildery, beeldhoukuns, pottebakkery, grafiese ontwerpkuns, industriële ontwerpkuns, binnenshuise versiering, argitektuur, stedelike ontwerp, toneelkuns, filmkuns, mode, tekstielontwerp, literatuur, musiek en selfs futuristiese kookkuns - dat hulle aanspraak daarop gemaak het om die grondleggers van 'n nuwe kultuur en samelewing te wees.

Tot 'n sekere mate het Futurisme invloed uitgeoefen op ander kunsstrominge soos Art Deco, Konstruktivisme, Surrealisme en Dadaïsme.

  1. Encyclopædia Britannica: Futurism. Besoek op 9 Desember 2018

Previous Page Next Page






Futurismus ALS مستقبلية Arabic المستقبليه ARZ Futurismu AST Futurizm AZ Футурызм BE Футурызм BE-X-OLD Футуризъм Bulgarian Futurizam BS Futurisme Catalan

Responsive image

Responsive image