Die Hoofburo van Missiele en Artillerie van die Departement van Verdediging van die Russiese Federasie (GRAOE) (Russies: Главное ракетно-артиллерийское управление МО РФ (ГРАУ)) is 'n onderafdeling van die Russiese departement van verdediging. Dit val onder die hoof van bewapening en munisie van die Russiese weermag. (Russies: начальник вооружения ВС РФ - заместитель Министра обороны РФ).
Een van die funksies van die GRAOE is om GRAOE-indeksnommers toe te ken aan Russiese en Sowjet-wapentuig en -toebehore.