Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Garonne

Garonne
Die Garonne in Bordeaux
Die Garonne in Bordeaux
Die Garonne in Bordeaux

Die Garonne se rivierloop

Oorsprong Aneto-bergpiek, Val d'Aran, Katalaanse Pireneë
Monding Gironde-rivierdelta naby Bordeaux, Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Spanje, Frankryk
Lengte 647 km (505 myl)
Oorspronghoogte 3404 m
Mondinghoogte 0-3 m
Gemiddelde afloop 650 m³/s (Bec d'Ambès, Gironde)
Stroomgebiedopp. 55 000 km²

Die Garonne ([ga.ˈʁɔn̪] in Standaardfrans, Garona in Oksitaans, Katalaans en Spaans) is 'n rivier wat naby die bergpiek Aneto in die Katalaanse gedeelte van die Pireneë-bergreeks ontspring, enkele kilometer deur Spanje en daarna vir die grootste deel van sy rivierloop van 647 km deur Suidwes-Frankryk vloei voordat dit in die Gironde, 'n uitgestrekte rivierdelta naby Bordeaux, met 'n ander rivier, die Dordogne, verenig en in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Bec d'Ambès is die punt waar die Dordogne- (in die agtergrond) en Garonne-riviere saamvloei om die Gironde-rivierdelta te vorm

Die rivier het sy naam aan drie Franse départements verleen - Haute-Garonne, Lot-et-Garonne en Tarn-et-Garonne. Die grootste nedersettings, wat langs die Garonne geleë is, is Bordeaux en Toulouse. Die Garonne is die belangrikste rivier in Suidwes-Frankryk, maar nie bevaarbaar nie. 'n Ou en min gebruikte kanaal loop tussen Toulouse en Vastets langs die rivier. 'n Tweede historiese kanaal, die Canal du Midi, loop vanaf Toulouse en verbind die Garonne met die Middellandse See.

In die antieke tydperk, toe die rivier in Latyns as Garumna (so in die werke van Gaius Julius Caesar) en Garunna bekend gestaan het (afgelei van 'n plaaslike Keltiese stam, die Garumni of Garunni), het die Garonne die grens tussen Akwitanië en die res van Gallië gevorm. Tans vorm die rivier die noordelike grens van die historiese Gascogne-streek.


Previous Page Next Page






ጋሮን ወንዝ AM Río Garona AN نهر غارون Arabic نهر جارون ARZ Qaronna çayı AZ قارون چایی AZB Гарона BE Гарона BE-X-OLD Гарона Bulgarian গারন নদী Bengali/Bangla

Responsive image

Responsive image