Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Geenlokus

’n Diagram van ’n chromosoom. 1. Chromatied. 2. Sentromeer. 3. Kort arm. 4. Lang arm.

In genetika is ’n geenlokus (lokus van die Latynse locus: "plek", "ligging") die spesifieke ligging van ’n geen of DNS-sekwensie op ’n chromosoom. Elke chromosoom het baie gene; die mens se geraamde haploïede proteïenkoderingsgene is 20 000 tot 25 000 op die 23 verskillende chromosome. ’n Alternatiewe vorm van dieselfde DNS-sekwensie wat by ’n gegewe lokus voorkom, word ’n alleel genoem. ’n Geordende lys van bekende lokusse vir ’n spesifieke genoom word ’n genetiese kaart genoem. Dit is die proses om die lokus vas te stel vir ’n spesifieke biologiese eienskap.

Diploïede of poliploïede selle waarvan die chromosome dieselfde alleel van ’n gegewe geen by ’n sekere lokus het, word homosigoties genoem ten opsigte van daardie geen, terwyl dié met verskillende allele van ’n gegewe geen by ’n sekere lokus heterosigoties ten opsigte van daardie geen genoem word.[1]

  1. "NCI Dictionary of Genetics" (in Engels). National Cancer Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2015. Besoek op 13 Desember 2014.

Previous Page Next Page






موقع صبغوي Arabic Lokus AZ Локус BA Локус (генетыка) BE Локус (генетика) Bulgarian Lokus (gen) BS Locus Catalan Lokus (genetika) Czech Locus (genetik) Danish Genlocus German

Responsive image

Responsive image