'n Gendarmerie (verbastering van die Franse gens d' armes, krygsvolk, letterlik mense met wapens[1]) is 'n gewapende diens wat algemene polisietake uitvoer en (van oorsprong) 'n onderdeel van die weermag is. Hierdie polisiesoldate is oorspronklik verspreid oor die platteland in kasernes gehuisves. Voor telefoon- en radioverbindings kon sulke eenhede (veral snags) vinnig en in groot getalle gemobiliseer word. Dit is veral effektief teen die bestryding van misdaadbendes aangewend.