Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ghana

Republiek Ghana
Vlag van Ghana Wapen van Ghana
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Freedom and Justice
(Engels vir: "Vryheid en Geregtigheid")
Volkslied: God Bless Our Homeland Ghana
(Engels vir: "God seën ons tuisland Ghana")
Ligging van Ghana
Hoofstad Accra

5°33′N 0°12′W / 5.550°N 0.200°W / 5.550; -0.200

Grootste stad Accra
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Nana Akufo-Addo
Mahamudu Bawumia
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Realm
• Republiek
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
6 Maart 1957
6 Maart 19571 Julie 1960
1 Julie 1960
28 April 1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
239 567 km2  (80ste)
92 497 myl2
4,61
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
31 072 940[1] (45ste)
24 200 000[2]
101,5 / km2 (103de)
262,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$226,009 miljard[3]
$7 343[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$69,757 miljard[3]
$2 266[3]

MOI (2018) 0,596[4] (142ste)  –  medium
Gini (2014) 43,5[5] –  medium
Geldeenheid Cedi (GH₵) (GHS)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .gh
Skakelkode +233

Ghana (Engels: [ˈɡɑːnə], ), amptelik die Republiek Ghana (Republic of Ghana), is 'n land in Wes-Afrika. Dit het 'n oppervlakte van 239 567 en 'n bevolking van 31 miljoen in 2020 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Accra, geleë langs die suidkus aan die Golf van Guinee. 'n Ander belangrike stad is Kumasi, bekend as geboorteplek van Kofi Annan, die Verenigde Nasies se sewende sekretaris-generaal, en hoofstad van die Asjanti-streek in die suidelike sentrum van die land. Die derde grootste stad is Tamale en is in die noorde van die land geleë.

Nasa-Satellietbeeld van Ghana
Kaart van Ghana

Ghana word begrens deur Ivoorkus in die weste, Burkina Faso in die noorde, Togo in die ooste asook die Golf van Guinee en die Atlantiese Oseaan in die suide. Die Voltarivier en sy drie groot sytakke Swart-Volta, Wit-Volta en Rooi-Volta dreineer die land. Die Voltarivier word deur die Akosombodam tot die Voltameer opgedam, die wêreld se grootste mensgemaakte meer volgens oppervlakte en Ghana se belangrikste energiebron. Die Voltarivier mond in die Bog van Benin uit, wat tot die Golf van Guinee behoort. Ghana se enigste natuurlike binnemeer is die Bosumtwimeer naby Kumasi.

Die eerste permanente staat op die gebied van die hedendaagse Ghana is in die 11de eeu gestig. Verskeie koninkryke en ryke het oor die eeue heen verskyn, waarvan die Asjantiryk die belangrikste was.[6] Vanaf die 15de eeu het die Portugese Ryk, gevolg deur verskeie ander Europese magte, handelsposte langs Ghana se kus gestig.

Naby Ghana se mees suidelike punt is Groß-Friedrichsburg, die eerste Duitse kolonie in Afrika en sedert 1979 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, geleë. Dit is in 1683 deur generaal von Groeben uit Brandenburg gestig en in 1717 aan Nederland verkoop. Vanaf die vroeë 19de eeu het die Britte die gebied gekoloniseer, by Brits-Wes-Afrika (deel van die Britse Ryk) ingelyf en teen 1900 is Ghana se huidige grense bepaal. Voor sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk op 6 Maart 1957 het Ghana as die Goudkus bekend gestaan, genoem ná goud, Ghana se belangrikste handelsware. "Ghana" beteken "oorlogskoning" in die Soninke-taal en is afgelei van die Koninkryk Ghana.[7]

Ghana is 'n unitêre grondwetlike demokrasie met 'n president as beide staats- en regeringshoof. Ghana se groeiende groeiende ekonomiese welvaart en sy demokratiese politieke stelsel het van hom 'n streeksmag in Wes-Afrika gemaak. Dit is 'n lid van die Beweging van Onverbonde Lande, Afrika-unie, Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS) en die Britse Statebond.[8]

Ghana se belangrikste etniese groep is die Akan, wat sowat 47,5% van die bevolking vorm. Van die ander belangrike bevolkingsgroepe sluit in Ewe, Joroeba, Hausa en Mossi. Ghana se enigste amptelike taal is Engels wat ook as lingua franca tussen die verskeie bevolkingsgroepe dien. Ghana se belangrikste inheemse taal is Akan, gevolg deur Bambara, Ewe, Fula en Hausa.

  1. "2020 Population Projection by Sex, 2010–2020" (in Engels). Ghanese Statistiekdiens. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 2 Mei 2018.
  2. Antoinette I. Mintah (2010). "2010 Provisional Census Results Out". 4 Februarie 2011 (in Engels). Population Division, Ghana Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2013. Besoek op 7 Februarie 2011.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Ghana". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 24 Maart 2020.
  4. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 24 Maart 2020.
  5. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 24 Maart 2020.
  6. "Asante Kingdom" (in Engels). Afrika-Studiecentrum, Leiden. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2019. Besoek op 8 Junie 2014.
  7. (en) Jackson, John G. (2001). Introduction to African Civilizations. Citadel Press. p. 201. ISBN 0-8065-2189-9.
  8. (en) "Ghana-US relations". Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. 13 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2013. Besoek op 1 Junie 2013.

Previous Page Next Page






Гана AB Ghana ACE Ганэ ADY Ghana ALS ጋና AM Ghana AMI Ghana AN Ghana ANG Ganà ANN घाना ANP

Responsive image

Responsive image