Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Gliasel

Gliasel
Inligting en eksterne bronne
’n Illustrasie van die vier soorte gliaselle wat in die sentrale senuweestelsel aangetref word: ependimale selle (ligpienk), astrosiete (groen), mikrogliaselle (donkerrooi) en oligodendrosiete (ligblou).
’n Illustrasie van die vier soorte gliaselle wat in die sentrale senuweestelsel aangetref word: ependimale selle (ligpienk), astrosiete (groen), mikrogliaselle (donkerrooi) en oligodendrosiete (ligblou).
Eksterne bronne
MeSH D009457
FMA 54536 54541, 54536
Code TH H2.00.06.2.00001
TH H2.00.06.2.00001

Gliaselle, neuroglia of net glia (van die Griekse woord γλία of γλοία, "gom"), is weefsel wat tussen neurone voorkom en homeostase handhaaf, miëlien vorm, en steun en beskerming verskaf aan neurone in die sentrale en die perifere senuweestelsel.[1] In die sentrale senuweestelsel sluit gliaselle in oligodendrosiete, astrosiete, ependimale selle en mikrogliaselle, en in die perifere senuweestelsel Scwann- en satellietselle.

Soos die Griekse naam aandui, is glia algemeen bekend as die gom in die senuweestelsel, maar dit is nie heeltemal korrek nie. Gliaselle is in 1856 ontdek deur die patoloog Rudolf Virchow in sy soeke na "verbindende weefsel" in die brein.[2] Daar word tans vier hooffunksies van die gliaselle erken:

  1. Om neurone te omring en hulle op plek te hou;
  2. Om voedingstowwe en suurstof aan neurone te verskaf;
  3. Om neurone van mekaar te isoleer;
  4. Om patogene te vernietig en dooie neurone te verwyder.

Vir meer as ’n eeu is geglo gliaselle speel geen rol in senuoordraging nie. Sedert die 21ste eeu word egter erken hulle het ’n mate van invloed op sekere fisiologiese prosesse soos asemhaling[3][4] en hulpverlening aan die neurone om sinaptiese verbindings met mekaar te vorm.[5]

  1. Jessen KR, Mirsky R (Augustus 1980). "Glial cells in the enteric nervous system contain glial fibrillary acidic protein". Nature. 286 (5774): 736–7. doi:10.1038/286736a0. PMID 6997753.
  2. "Classic Papers". Network Glia (in Engels). Max Delbrueck Center für Molekulare Medizin (MDC) Berlin-Buch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 14 November 2015.
  3. Swaminathan, Nikhil (Januarie–Februarie 2011). "Glia—the other brain cells". Discover.
  4. Gourine AV, Kasymov V, Marina N, et al. (Julie 2010). "Astrocytes control breathing through pH-dependent release of ATP". Science. 329 (5991): 571–5. doi:10.1126/science.1190721. PMC 3160742. PMID 20647426.
  5. Wolosker H, Dumin E, Balan L, Foltyn VN (Julie 2008). "D-amino acids in the brain: D-serine in neurotransmission and neurodegeneration". The FEBS Journal. 275 (14): 3514–26. doi:10.1111/j.1742-4658.2008.06515.x. PMID 18564180.

Previous Page Next Page






خلية دبقية Arabic Neyroqliya AZ قلیا AZB Невроглия Bulgarian Glija BS Cèl·lula glial Catalan Neuroglie Czech Gliacelle Danish Gliazelle German Νευρογλοιακά κύτταρα Greek

Responsive image

Responsive image